Tiananmen-betogings van 1989

Die Plein van die Hemelse Vrede of Tiananmen-plein, die middelpunt van die protesaksie.

Die Tiananmen-betogings van 1989, of die Tiananmen-protes (ook die Tiananmen-bloedbad) was 'n studenteprotes wat op die aand van 4 Junie 1989 op die Tiananmen-plein in Beijing (China) tot 'n einde gekom het. 'n Beraamde een miljoen studente en ander burgers het oor hierdie tyd aan die protes deelgeneem. Die protes word met geweld teengestaan, wat die dood van ten minste honderde mense tot gevolg gehad het. Dit was die grootste protes teen die Kommunistiese Party van China en sy instellings sedert die 1949-revolusie.

Die protes het ontstaan na die dood van Hu Yaobang in April 1989, die hervorminggesinde sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party. Hu Yaobang is reeds in 1987 afgesit omdat hy in 1986 met lankmoedigheid teen studenteprotes gehandel het. Die hele Meimaand het die studente die plein beset, waarop selfs 'n replika van die Amerikaanse Vryheidstandbeeld (Statue of Liberty) geplaas is.

Na verskeie mislukte pogings om die betogings te beëindig, is die weermag uiteindelik ontplooi. Op die aand van 3 Junie is die weermag deur Deng Xiaoping opdrag gegee om te vuur op die betogers en omstanders. Skattings van die aantal sterftes wissel van honderde tot duisende. Alhoewel 'n gewelddadige reaksie as 'n moontlikheid beskou is, het die vlak van geweld tog waarnemers wêreldwyd geskok.

Na hierdie bloedige verplettering van die betogings, is tenks gebruik om die strate en die plein skoon te maak. Die bekendste beelde hiervan is van 'n man wat voor die kolon tenks gestaan het en hulle gestop het en internasionaal bekend staan as die 'onbekende tenkman'.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne